Wie is ons?

DZL – Manne met Hart

Na die sukses van sy Rooiwarm FAK treffers en Basta, is Andries Hendrik Potgieter terug met ‘n nuwe klank wat gehore regoor Suid-Afrika se voete gaan laat juk. Saam met die talentvolle nuweling, Wiaan Fourie, bring die twee sangers van die groep ‘DZL’ ‘n nuwe Pop-Rock-Country klank wat sal aanklank vind by jonk en oud.

Hulle eerste enkelsnit, Langpad, word tans vrygestel en sal binnekort op radiostasies regoor die land gehoor word. Die twee sangers het onlangs kragte saamgesnoer en hulle lewendige, saamsing optredes het reeds goed aftrek gekry by gehore regoor die land. Hulle werk tans aan ‘n nuwe album wat na verwagting in September 2015 die lug gaan sien.

Andries Hendrik het al diep spore in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf getrap en spog met opnames saam met van die land se grootste kunstenaars soos Grammy-bekroonde, Soweto Gospel Choir en Steve Hofmeyr. Sy stem is ook op internasionale verhoe gehoor waar hy gehore in Disneyland, New York, Atlanta en Namibie vermaak het. Sy duet met Namibiese sangeres, Lize Ehlers, is in 2014 vir ‘n Namibiese Musiektoekenning benoem. ‘Woestynroos’ het nommer een posissie op vele Namibiese radiostasies se ranglyste beklee.

Nie net beskik Andries Hendrik en Wiaan oor ‘n unieke sangtalent nie, hulle altwee is ook baie aktief in die modelbedryf betrokke. Andries Hendrik het reeds aan New York Fashion Week en SA Fashion Week deelgeneem. Die twee manne het ook vanjaar alreeds aan Ghana Mercedes Benz Fashion Week en SA Menswear Week in Kaapstad deelgeneem. Wiaan Fourie het al van kleins af ‘n passie om te sing en ‘n loopbaan daarvan te maak. Wiaan skryf ook sy eie liedjies en werk hard aan nuwe klanke waarmee hy en Andries Hendrik die gehore vermaak. Die twee bedrywige manne is opgewonde om hulle sang, talent en passie vir die musiekbedryf met gehore te deel!

DZL Optredes

Vennote

Kontak

Vir besprekings en navra kontak:

Sya van der Walt
Bestuurder
082 332 9512
bookings@dzlband.co.za

Copyright DZL 2015